
Vlieghengelaar en aanbieder Rhuan Human pak sy stokke en katrolle om Suid Afrika se mees passievolle hengelaars te besoek. As een van die aanbieders van die gewilde vlieghengel reeks “WildFly” het Rhuan die geleentheid gekry om van Suid Afrika se top hengelaars te ontmoet. Van sy gaste het dit reg gekry om ‘n loopbaan in die hengel bedryf uit te kerf, en ander werk om te kan hengel, maar elkeen het ‘n storie om te vertel. Rhuan gaan kuier vir die hengelaars op hul tuis water om hul stories te hoor, en natuurlik ‘n lyn nat te maak.